Vry Afrikaner

Die strewe na 'n eie Afrikaner republiek, geleŽ tussen die Oranjeriviervallei en die Weskus, is afhanklik van sterk ekonomiese instellings wat werkskepping en handel bevorder. Hoe meer werk geskep word in hierdie gebied, hoe meer Afrikaners kan hervestig en 'n beter lewe geniet.

Vry Afrikaner is 'n onafhanklike vryheidsinisiatief wat betrokke is by ontwikkelingsprojekte in die volkstaatgebied, o.a. Orania, met die doel om infrastruktuur te skep, entrepreneurskap te ontwikkel en werkskepping vir Afrikaners te bevorder. Ons het ook 'n onafhanklike mediaplatform gevestig waarvandaan die vryheidsideaal onbeskaamd verkondig word met die doel om groter bewusmaking en betrokkenheid by ons mense te kweek.

Om meerderheidsbesetting van ons Afrikanerhartland te bewerkstelling moet die trekkragte (werksgeleenthede, onderwys, medies, sekuriteit ens.) in die gebied sterker wees as al die stootkragte (misdaad, korrupsie, wanbestuur ens.) van ANC Suid-Afrika. Terwyl aktivisme 'n groot rol speel om bewusmaking van die vryheidsideaal te bevorder, is dit net so belangrik om 'n ekonomie van skaal in die aangewese volkstaatgebied te skep sodat Afrikaners in groot getalle kan hervestig. Vry Afrikaner se werksaamhede bevorder hierdie doelwit.

Ons ondersteun ook sport ontwikkeling in Orania, hou gereeld spanbou-pret-dae en bied lekker musiekkonserte aan met van die bekendste name in die Afrikaanse musiekbedryf.

Al hoe meer Afrikaner belangegroepe is besig om hul gewig agter Orania te gooi en Vry Afrikaner is trots om deel te wees van hierdie groeiende ondersteunersbasis.

Vir meer inligting, sien gerus Vry Afrikaner se webwerf.

Vry Afrikaner-blog

Hier deel 'n span gesoute rubriekskrywers en verslaggewers hul ervarings, idealisme en uitkyke met die Afrikaanse kuber-publiek. Aktuele sake, video onderhoude met rolspelers in die breŽr Afrikaner gemeenskap, republikeinse filosofie, ons ryk volksgeskiedenis en trotse heldedom laat die tonge rol op die Vry Afrikaner-blog. Kom gesels gerus saam -
klik hier!

Vry Afrikaner op Facebook

Duisende Afrikaners is reeds deel van die Vry Afrikaner-beweging op Facebook. Ons klets lekker oor die vryheidsideaal, neem deel aan interessante meningspeilings en publiseer alle nuwe artikels en videos vir almal om te geniet. Ons hou ons ondersteuners op hoogte van ontwikkeling op Orania en lewer repliek oor interessante gebeure in die Afrikaanse film- en musiekbedryf, letterkunde, teater en sport. Sluit gerus aan -
klik hier!

Vry Afrikaner op YouTube

Kom kyk na ons lekker saamgesels onderhoude en volg al ons videos op KANAAL VA, Vry Afrikaner se eie YouTube-kanaal. Ons voer gereeld onderhoude met meningsvormers, rolspelers en leiersfigure van allerlei Afrikaanse organisasies, o.a. AfriForum, Solidariteit en
Orania Beweging. Loer gereeld in by KANAAL VA!












Orania


Orania