Spesiale aanlyn aanbod: slegs R 500 per persoon per nag!

Voltooi die besprekingsvorm hieronder


Orania Oewerhotel en Spa

Die luukse Orania Oewerhotel en Spa is geleë op die boomryke oewer van die Oranjerivier in die pragtige Bo-Karoo.

Die hotel bied 12 stylvol versierde kamers met en-suite-badkamers. Die idilliese ligging is perfek vir 'n ontspanne wegbreekkans vir die gesin, asook 'n romantiese ontsnapping saam met die spesiale persoon in jou lewe. Selfsorg eenhede is beskikbaar op aanvraag.

Orania Oewerhotel en Spa is net twee en 'n half ure buite Bloemfontein en sowat negentig minute suid van Kimberley. Ons mooi Karoodorp is halfpad tussen Pretoria en die Kaap (N12 roete). Orania is dus vol vakansiegangers gedurende skoolvakansies, so maak seker julle bespreek betyds!

Kom ervaar ware sielerus en geniet die vryheid en veiligheid wat net die Afrikanertuiste ons mense kan bied.

Die Kamers

Al die kamers het en-suite badkamers en is toegerus met lugversorging, plasma televisie met DSTV, yskassie met komplimentêre minerale water, tee en koffie fasiliteit, elektroniese kluis, haardroër en Wi-Fi Internet konneksie.

Elke kamer het 'n privaat balkon met pragtige uitsigte oor die oewer en die Oranjerivier.

Die agt dubbelkamers bied elk 'n koningggroottebed of twee enkelbeddens en het elk 'n sitkamerarea met toegang tot die kamer se balkon. Elke badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak op 'n granietblad en toilet.

Die vier familiekamers is ideaal vir gesinne van drie of vier mense. Elke familiekamer bestaan uit twee kamers met 'n tussendeur vir ekstra privaatheid. Die badkamers is toegerus met 'n bad en stort, wasbak op 'n granietblad en toilet. Die sitkamerarea bied bietjie meer ruimte as dié van die dubbelkamers.

Die Orania Rivier Spa

Daar is min plekke op aarde waar mens die natuurskoon en sielerus kan waardeer soos in
Orania. Om 'n spa belewenis te geniet in ons asemrowende Karoolandskap op die oewer van die Oranjerivier is waarlik 'n onbeskryflike ervaring.

Die besonderse argitektuur van hout en klip is voorwaar 'n lus vir die oog. Met die talmende klanke van vloeiende water op die oor, verkeer mens vinnig in 'n staat van algehele ontspanning.

Die vriendelike terapeute gebruik keur spa produkte en verseker die besoeker van 'n volkseie ervaring van die hoogste gehalte. Orania Spa is oop van 09:00 tot 17:00, Maandae tot Saterdae.

Spesiale aanlyn aanbod: R 500 per persoon per nag wat deel, ontbyt ingesluit! Die enkel tarief is R 700 pppn.

Stuur vir ons die besprekingvorm hieronder en u kwalifiseer outomaties vir die spesiale tarief van slegs R 500 per persoon per nag, ontbyt ingesluit.

NB. Maak asb seker dat u al die velde gemerk met 'n  *  invul om te verseker dat u navraag gestuur word.


Besprekingsvorm

Naam en van * :

Dorp/Stad waar u woon :

Selfoon no. * :

E-pos adres * :

Arriveer datum * :

Vertrek datum * :

Aantal gaste :

Aantal kamers :

Kommentaar :












Ontvang die Vlamvat Nuusbrief

Bly op hoogte van al ons bedrywighede en ontvang interessante nuus uit Orania! U e-pos adres:
 
Sluit aan by Orania Beweging!

Afrikaners binne en buite Orania moet hande vat om van die Orania-ideaal 'n werklikheid te maak. Lidmaatskap van die Orania Beweging maak dit vir enige ondersteuner moontlik om te deel in die Orania-ervaring. Skakel 053 207 0062 om aan te sluit. Lees meer...

"Ek het my dogtertjies se skopfietsies ingepak vir ons besoek aan Orania. Toe ons hier stop het hulle uitgespring en hulle het hulle fietsies gegryp en in die straat ingevaar. Ek wou eers keer, maar my dogtertjie het my herinner dat hulle mag, want: “Pappa, ons het bordjies gesien wat sê kindertjies mag in die straat speel.” Wat ‘n 'abnormale' samelewing hier in Orania waar my kinders uitbundig en veilig in die straat kan afjaag!" Dr. Dirk Hermann, Solidariteit


Orania


Orania