Orania Restaurante

Orania se restaurante bied hoë gehalte disse met vriendelike diens in jou taal! Geniet ’n romantiese kerslig aandete op die oewer van die Oranjerivier of geniet die vars gebak by De Plaaswerf – dat jy lekker gaan eet in Orania is ’n uitgemaakte saak.

De Plaaswerf

De Plaaswerf is gelee by Die ou Karooplaas Winkelsentrum. Hul bakkery, deli en cafe bied 'n fantastiese verskeidenheid ligte etes, vars gebak, kase, koue vleise ens. De Plaaswerf is een van Orania se mees stylvolle eetplekkies met die vriendelikste diens. Die ideale ligging vir 'n heerlike middagete.

Kontak Plaaswerf: 082 497 0531

Prima Pizza

Orania se eie spesialiteit pizza wegneemrestaurant het sy deure by Die ou Karooplaas Winkelsentrum geopen. Klante kan hul pizzas op die perseel geniet of wegneem. Prima Pizza is deel van Sterreland, wat 'n filmteater en DVD-winkel insluit.

Kontak Prima Pizza: 076 943 2214

Oewer Restaurant

Oewer Restaurant is een van die beste restaurante in die Bo-Karoo. Die restaurant is geleë op die oewer van die Oranjerivier en bied heerlike kos en 'n groot houtdek tussen skaduryke inheemse bome waar besoekers kan ontspan. 'n Keur van Kaapse landgoed en koöperatiewe kelder wyne is beskikbaar.

Kontak Oewer Restaurant: 053 207 0243

Afsaal Kafee

Afsaal is geleë by die ingang van Orania en is een van die dorp se oudste ondernemings.

Kontak Afsaal: 053 207 0199

Skinki Kofé

Skinki Kofé bak die heerlikste koek en tert en bied ook allerlei tuisgemaakte lekkernye. Hul vars muffins en verskeidenheid pannekoeke gaan veral lekker af met 'n koppie boeretroos.

Kontak Skinki Kofé: 0532070262

Die Hoekie op die Kuierstoep

Tannie Sarie se heerlike vetkoeke, tuisgemaakte pasteie en gekookte etes het deur die jare menigte se gunstellinge geword.

Kontak Die Hoekie: 079 882 2591

Die Pienk Zebra

'n Interessante koffiewinkel met 'n spyskaart vol heerlike disse. Die Pienk Zebra is gelee by Stokkiesdraai Winkelsentrum.

Kontak Die Pienk Zebra: 082 481 0691














Ontvang die Vlamvat Nuusbrief

Bly op hoogte van al ons bedrywighede en ontvang interessante nuus uit Orania! U e-pos adres:
 

Orania


Orania