Die Ou Karooplaas Winkelsentrum

'n Pragtige nuwe ontwikkeling in Orania


Meer oor Ou Karooplaas

Entrepreneurs Quintin en Rozanne Diederichs woon al sedert 2010 in Orania. Hulle het baie nuwe sakeondernemings kom vestig en hul nuutste projek, nl. Die ou Karooplaas Winkelsentrum, is een van die streek se mooiste ontwikkelings.

n Span bestaande uit argitekte, ingenieurs, boukontrakteurs, beleggers en entrepreneurs het koppe bymekaargesit en die mees moderne boutegnieke ingespan om n sakesentrum te bou wat esteties sowel as prakties is. Die span het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en 'n sentrum ontwikkel wat vandag 'n groot aanwins vir die gemeenskap is.

Die pragtige Karoo-argitektuurstyl dien as basis vir die ontwikkeling wat reg langs die R369, by die ingang van Orania, gele is. Net soos mens op die R369 vanuit Vanderkloof se rigting by Orania inry, vang die gebou se spierwit toring die oog en skep dit 'n goeie indruk van die dorp se ontvangsgebied.

Die ou Karooplaas het sy deure in Mei 2015 geopen en is van meet af 'n reuse sukses. Daar is n stylvolle bakkery en caf, drukkery, skakelkantoor, reisagentskap, algemene handelaar, filmteater, DVD-winkel en n wegneemete restaurant.

Kom loer gerus in wanneer julle Orania besoek en geniet die idilliese atmosfeer by Die ou Karooplaas.












Ontvang die Vlamvat Nuusbrief

Bly op hoogte van al ons bedrywighede en ontvang interessante nuus uit Orania! U e-pos adres:
 

Orania


Orania