Die Orania Ope Gholftoer

Donderdag 24 September tot Maandag 28 September 2015 (langnaweek)

Die Orania Ope was spontaan in die lewe geroep toe 'n paar vriende van Orania in 2011 besluit het om 'n vriendskaplike gholftoernooi by die pragtige 18-putjie (syfer 72) Magersfontein Memorial Gholfklub, net duskant Orania, te hou.

In latere jare het ons die tradisie voortgesit en die groep het gegroei tot 24 spelers, waarvan 'n hele paar mense spesiaal van so ver as Pretoria en selfs Kaapstad af gekom het om deel te neem.

Vanjaar word die Orania Ope in September gehou. Die toer sluit nou ook 2 nagte in by Magersfontein Memorial se 4ster Cygnature Lodge en ons gaan 2 rondtes gholf speel (IPS en BB Stableford).

Die Orania Ope Gholftoer is 'n goeie geleentheid om Orania en die omliggende gebied te verken en terselfdertyd heerlik te ontspan in die asemrowende Bo-Karoo.

Donderdag 24 September (oornag Magersfontein, 4ster)
15:00 Arriveer by Magersfontein Memorial, 25km suid van Kimberley op die N12
18:30 Verwelkoming kuier en ete by Cygnature Restaurant, Magersfontein

Vrydag 25 September (oornag Magersfontein)
09:00 Ontbyt by Cygnature Restaurant
10:00 Afslaantyd - kompetisie: IPS
10:00 Nie-spelers kan Magersfontein Slagveld besoek
19:00 Aandete by Cygnature Restaurant

Saterdag 26 September (oornag Orania, 4ster)
08:00 Ontbyt by Cygnature Restaurant
09:00 Afslaantyd - kompetisie: BB Stableford
09:00 Nie-spelers kan Groot Gat en Kimberley besoek
15:00 Vertrek na Orania
16:00 Arriveer Orania Oewerhotel en Spa
18:00 Braai op die oewer van Oranjerivier

Sondag 27 September (oornag Orania)
09:00 Ontbyt by Oewer Restaurant
10:00 Begeleide toer van Orania
13:00 Spa en ontspan. Nie-spelers se behandelings is ingesluit.
19:00 Prysuitdeling funksie en ete by Oewer Restaurant

Maandag 28 September
09:00 Ontbyt by Oewer Restaurant
11:00 Vertrek

Ingesluit:
4 nagte 4ster verblyf, daaglikse ontbyt en aandete, begeleide toer van Orania, 2 rondtes gholf met karretjie / spa vir dames ter waarde van R 500

Koste:
R 3 750 per persoon (deel) / R 4 500 per persoon (enkel)

Pryse:
Eerste prys IPS: Pro Shop geskenkbewys ter waarde van R 3000
Eerste prys BB Stableford (per speler): Naweek vir 2 by Oewerhotel en Spa, alle etes ingesluit.
Daar gaan ook baie ander pryse wees!

Skakel vir Quintin by 076 943 2214 vir meer inligting. Stuur asb. hierdie inskrywingvorm om jou/jul plek te bespreek en ons sal binnekort met jou skakel:

NB. Maak asb seker dat die hele vorm ingevul is voor jy op "stuur" klik.

Naam en van :

Dorp/Stad waar u woon :

Selfoon no. :

E-pos adres :

Getal gholfspelers :

Getal nie-gholfspelers :

Hoeveel kamers :

Is dit jul eerste besoek aan Orania :

Kommentaar :









Ontvang die Vlamvat Nuusbrief

Bly op hoogte van al ons bedrywighede en ontvang interessante nuus uit Orania! U e-pos adres:
 

Orania


Orania